


Die waarheid van die Christelike geloof word tans uitgedaag soos nog nooit vantevore nie. Boeke soos ‘The Da Vinci Code’ (Dan Brown), ‘The God Delusion’ (Richard Dawkins) en die ‘His Dark Materials’-reeks (Philip Pullman) waarvan die eerste boek as ‘The Golden Compass’ verfilm is, mik vrae na die kant van die kerk wat in die oë van die skrywers onbeantwoordbaar is. Met Repliek wys Phillip Scheepers egter dat nie een van hierdie werke dit regkry om ’n ‘uitklophou’ te plant nie en dat ons daarom nie hoef terug te deins vir dié wat die mees basiese aspekte van ons geloof bevraagteken nie. Die doel van Repliek is daarom nie om in ’n ‘skreewedstryd’ met dié wat anders glo, betrokke te raak nie. Dit is eerder om vir Christene daarop te wys dat die ‘hoop wat in ons lewe’ (1 Petrus 3:15) baie sterker staan as wat die moderne kritici van die Christendom ons wil wysmaak.

“Jy en ek hoef
nie langer weg te deins van gesprekke waar onsin as feite voorgehou
word nie, maar kan met selfvertroue die debat betree.”
Pieter van Heerden (Ortodontis en medewerker by www.ekerk.co.za)
“In
donker hoeke skuil monsters wat sommige Christene bang en onseker laat
voel, en ander weer met heftige aggressie laat reageer. Phillip laat
die helder lig van die Woord op meesterlike manier in drie donker hoeke
val – en leuens en bedrog verkrummel voor die leser se oë.”
Dawie van Vuuren (Leraar, SA Gemeente, Londen, www.sagemeente.com)
“Repliek
is ’n uitstekende voorbeeld daarvan om “...’n antwoord te gee oor die
hoop wat in ons lewe” en staan as ’n vars bries uit teenoor die dikwels
emosionele reaksie van baie kerke en lidmate op kulturele verskynsels
wat as bedreigend beleef word.”
André van Zyl (Antwoord-bediening, www.antwoord.org.za)
“Die
antwoorde wat Repliek op die verskillende aanvalle bied, is tydloos en
sal gelowiges in staat stel om nie alleen te weet dat hulle geloof op
vaste fondamente rus nie, maar ook om met sekerheid te kan getuig oor
die waarheid van Jesus, die Skrif en die verskil wat geloof maak.”
Carl Crouse (Leraar, NGK Grasvoëlkop, Port Elizabeth)

Phillip Scheepers is Akademiese Direkteur van Veritas College (www.veritascollege.org), ’n internasionale sendingorganisasie wat kerkleiers in byna 30 verskillende lande oplei. Hy was ook vir etlike jare Opleidingsdirekteur by die SA Gemeente in Londen. Hy het die grootste deel van sy akademiese loopbaan aan die Universiteit van die Vrystaat deurgebring waar hy in 2003 ’n Doktorsgraad in Teologie verwerf het.

|
Kyk na die Buiteblad
|
Kyk na die Inhoudsopgawe
|
|
|
Stuur 'n epos oor Repliek aan 'n vriend:
|
|
Plaas 'n 'link' oor Repliek op jou Facebook bladsy: (Kies Facebook en dan 'Post to Profile')
|
Bestel Repliek (Veilige besteldiens met aflewering in Suid Afrika en Internasionaal)
|